ń Dag van vreugde. ń Dag van lag. ń Dag van trane, gelukkige trane. ń Wonderlike dag vir ń wonderlike persoon. ń Spesiale persoon. Sy verdien so ń lieflike dag vir so ń spesiale geleentheid.
Sy is ń persoon wat die lekkerste plaatkoekies kan bak. Sy het ń sagte vel en stem. Haar hart is die sagste van alles. Sy is dankbaar vir alles. Al is dit hoe klein of groot. Sy is ń dierbare mens. Ek is baie gelukkig en het twee (minimum) sulke persone in my lewe.
Sy is my Ouma.
Grandmas are moms with lots of frosting. -Author Unknown
“Wat!?” Sal julle dalk sê “Oulike onderwysers? Wat jy waar kry?!”
Wel, ek kan vir jou eerlik sê: Daar is nog tonne en tonne en miljoene OULIKE onderwysers!! Daar is altyd onderwysers wat ekstra moeite vir leerders doen. Hulle kry net nie altyd krediet vir hul moeite nie. Ek dink nie hulle besef altyd watse groot invloed hulle op ons partykeer het nie. Ek het vreeslike OULIKE onderwysers wat altyd die ekstra moeite sál doen. Ek self sal eendag ń onderwyseres wil word oor ń oulike onderwyseres wie al vir my skool gegee het. Juffrouens wie al vir my skool gegee het en wie nou vir my skool gee het my al aangemoedig om iets te doen wat ek nooit vantevore sou doen nie.
Daar is ,sonder twyfel, nog BAIE OULIKE ONDERWYSERS!!!!!!!!
Onderwysers wat altyd die ekstra moeite sál doen!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Oukei, ek moet nou nogal erken..Die titel klink nogal dramaties. As ek nie die ‘post’ geskryf het nie sou ek onmiddelik gedink het dit is mense wat boeke steel/ontvoer : )
Maar laat ek jou vertel: dit is glad nie dit nie.
Wat ek wel bedoel het is dat dit boeke is wat jou aandag onmiddellik , al op die eerste bladsy , trek. Boeke kan jou verbeelding na enige plek/tyd ter wêreld neem, selfs na ń plek wat nie eers bestaan nie. As die boek vrek goed is sal elke hoofstuk op ń “cliffhanger” eindig. Dit sal natuurlik gebeur as jy in jou bed (in die aand: laat) lê en skaars jou oë kan oop hou en by elke hoofstuk sê:”Nog net hierdie een hoofstuk!” en soos jy die hoofstuk klaar lees eindig dit op ń “cliffhanger “!
Ek het op ń oulike gediggie af gekom in my Engelse kwartaal toets:
Adventures with books -Author unknown
Books are ships that sail the seas To lands of snow or jungle trees And I’m the captain bold and free Who will decide which place we’ll see Come, let us sail the magic ship
Books are trains in many lands Crossing hills or dessert sands And I’m the engineer who guides The train on its exciting rides
Come, let us ride the magic train
Books are zoos that make a home
For birds and beasts not free to roam
And I’m the keeper of the zoo
I choose the things to show to you
Come, let us visit in a zoo
Books are gardens, fairies, elves
Cowboys and people like ourselves
And I can find with one good look
Just what I want inside a book
Come, let us read! For reading is fun.
Ek het eenkeer ń oulike Engelse idioom gelees:
‘ Don’t judge a book by its cover ‘
Dit beteken vir my dat al lyk ń boek hoe mooi/vuil/lelik dit beteken nie dis noodwendig ń goeie/slegte boek nie. Dis so met mense ook, al lyk hulle lelik/mooi beteken dit glad nie hulle is mislik/oulik nie.
My heel eerste blog post wat ek in graad 6 begin en geskryf het.
Vriende besef ongelukkig nie altyd as hulle jou af kraak nie. Party maak jou dalk fisies, emosioneel… seer. Miskien verneder hulle vir jou voor ander mense of op sosiale media. Ek het ongelukkig ook sulke vriende.
Ek het een keer vir haar gesê ek wil iets nuuts uit probeer en sy het agter my rug gesê as ek dit gaan uit probeer gaan ons ” suck “. Ek weet natuurlik sy het dit gesê omdat ek haar gehoor het. En ek besef ek moenie meer haar vriendin wees nie, maar ek is bang ek maak haar seer.
Ek het ń oulike artikel in die Huisgenoot, 30 Julie 2015 ontdek :
Maak jou so los van slegte vriende:
Vriende is harde werk, maar dit behoort jou nie mismoedig te maak nie! As jy nie daarna uitsien om saam met iemand te kuier nie, is dit ń waarskuwingsteken.
Drie stappe om afstand te kry:
Stap 1: As dit na werk voel om jou vriende te sien, is dit dalk ń teken dat jy bloot uit gewoonte saam met hulle uithang.
Stap 2: Dink na oor hoe en met wie jy jou tyd wil deurbring. Wie en wat sal jou laat uitsien na jou ontspanningstyd?
Stap 3: Beplan hoe jy meer van dié dinge sal kan doen en hierdie mense kan ontmoet, en maak dan ń plan om dit te laat gebeur. Vul jou tyd aan met dit sodat jy minder beskikbaar is om met jou ou vriende uit te hang.
Die slegte-pel kontrolelys:
Raak gesellig met jou meisie of ou.
Sê jou voor ander mense sleg of verneder jou.
Skinder of praat agter jou rug lelik van jou.
Sluit jou uit en betrek jou opsetlik nie by planne nie.
Het al van jou gesteel, jou geklap of jou op enige ander manier mishandel.
Die voordele:
Dit help jou om jou ware self te leer ken: wie en wat jy is.
Dit sal keer dat jy ń skinderbek of ń boelie word, iets wat dikwels gebeur wanneer jy ongelukkig in vriendskappe is.
Jy sal jouself oopstel vir nuwe vriende en gesonder verhoudings.