Categories
Uncategorized

Die lewe is ń lied…

‘n Skryfstuk van graad 6.

images

Voëltjies fluit hul verskillende deuntjies en klink soos ń orkes soos die opgewekte musiek die huis vul.

Ek gaan buitentoe en dan is dit stil. Die voëltjies kruip dieper in hul nessies in en is te skaam om hul talent naby my te gebruik. Al wat jy dan hoor is die droë blare wat op die grond rondskuifel. Jy voel die ligte briesie van die wind en hoor hoe die boom se takke beweeg.

Ek gaan weer terug binnetoe en ń paar sekondes later maak die orkes weer van hul te hore en vul die huis weer met die soet musiek.

As jy dink die lewe is vaal en vervelig moet jy ń bietjie stil raak en na die lewe om jou kyk. Jy sal die suikersoet musiek hoor en die rustige natuurlewe buite raaksien en besef dat die lewe eintlik maar ń wonderlike lied is. ń Wonderlike lied, wat die Here gemaak het.

Categories
Uncategorized

Deur my venster sien ek…

‘n Opstel van graad 6 waarop ek nog altyd baie trots is.

images
Ek sien die rustigheid van die natuur. Die bome dans en hul blare swaai soos die wind verby hul tol. Die wolklose blou lug glimlag terwyl dié op die ritme van die wind se musiek dans. Die hoogste bome vang die meeste musiek. Die Son lag en gee al die groen pakkies ń effense goue kleur.

Wanneer dit reën, lyk dit tog so asof die
arme boompies swaarkry. Die reën laat dit lyk asof daar massiewe trane oor hul wange rol en die wind hul wortels enige oomblik wil uitruk.

Nee, die bome dans so vinnig dit lyk net so. Die blare swaai so wild, hulle beland op die grond. Die wortels, hulle dans nie! Hulle lig hul elmboë só hoog, dit wil omtrent by die grond uitsteek!

En wanneer die Son weer wakker word, ruik die Aarde só vars en skoon. Die bome en blare blink sommer so en lyk te pragtig as die effense goue kleur weer ń verskyning maak. Voëltjies maak hul verskyning en sing maar te lekker.

Deur my venster sien ek die natuur se manier van baljaar.