Categories
Uncategorized

Gedagtes…

‘n Skryfstuk van graad 7.

images

Gedagtes, stories, idees… Dit wil uitkom, maar dit kan nie. Woorde wil nie kom nie. Ek het soveel te sê, maar ek weet nie hoe nie. Emosies wil kom, maar kan nie. Ek wil skryf, maar eindig op met ń stuk skoon papier en ń gevriesde pen een sentimeter van die papier af. Wat beteken dit? Ek wil my talent gebruik, maar ek kan nie. Ek kyk dan vas na die natuur en al my frustasies, vrae… word na die agtergrond geskuif. Die silver lug steel my gedagtes. Die wind gooi dit rond. Die reën was dit skoon. Die bome wieg effens en blare verken die silwer wolklose lug. Hier en daar vlieg ń voëltjie of twee. My gedagtes is skoon en vars. Dit vlieg deur die lug en beland in die hande van die Here. Ek dink hoe wonderlik alles is. Elke mens en dier het uiteenlopende persoonlikhede, maar tog help ons mekaar. Maak nie saak hoe goeie vriende jy het nie, die dier is tog maar die heel beste vriend wat jy kan kry. Ons almal het ń plek in die samelewing. God is lief vir ons almal net soos ons is. Ons hoef nie te verander nie. Ons kan dit maar begin glo.