‘n Skryfstuk van graad 7.
Ware vriende… die tipe mense wat elke liewe persoon nodig het, maar tog is ware vriende so skaars soos hoender tande. Ware vriende is die tipe mense wat ‘n glimlag op jou gesig kan sit sonder om naby jou te wees. Hulle aanvaar jou soos jy is. Hulle wil nie hê jy moet verander nie. Julle kan mekaar met jul geheime vertrou. Julle kan saam droom oor fantasieë. Hulle is nie die tipe vriende wat jou dwing om iets teen jou sin te doen nie. Hulle moedig jou aan om talente voluit te gebruik. Julle kan saam lag oor dinge. Ware vriende sal jou vuurtoring wees in woeste waters. Hulle sal nie twee keer daaroor dink nie. Daar is bittermin ware vriende in die wêreld. Ek is gelukkig om ń paar van hulle te hê.
Ware vriende… die tipe vriende wat altyd jou rug sal hê, ten spyte van die gevolge…