Categories
Uncategorized

Ek wens…

‘n Skryfstuk van graad 6 of 7. (Dit was sommer iets lukraaks wat ek opgekweek het terwyl ons vir die onderwyser, voor die klas, gewag het.)

As ek kon vlieg sou ek hoër as die wolkekrabbers wees. Ek wens ek kan partykeer net wegkom van al die lawaai. Ek wens ek kon partykeer net alleen wees. Ek wil soms alleen in stilte met my gedagtes peuter. Ek wens ek kon ook net wegkom van toetse, eksamens, skool… Ek wens ek kon deur die wind vleg en na die helderkleurige kwilte onder my staar. Ek wens ek kon saam met die wolke prentjies vorm en saam met die son skilder en saam met die bome dans. Ek wens ek kon deur die lug vlieg en net myself wees. Nie die skaam skoolkind wat meeste mense my voor ken nie. Ek wil die persoon wees wie ek ken. Ek wens ek kon vlieg… Weg van die lawaai van karre. Weg van die mense wat my afbreek. Ek wil partykeer ook net alleen wees.
Ek wens ek kon vlieg…

Filippense 4: 13