Categories
Uncategorized

My kamer…

‘n Opstel van graad 7.

My kamer is die enigste plek waarheen ek kan vlug. Om ‘n bietjie weg te kom van al die lawaai en drama. My kamer, met die aangename stilte wat daar heers, is vir my soos die kalmerende klank van die turkoois golfies wat op die spierwit en ragfyn strande breek.

Wanneer jy instap, proe jy sommer die wonderlike aroma van die vars lug en suikersoet reuk van die pragtige blommetjies, in ons helderkleurige tuin, wat deur my oop kamervensters trek. Hier en daar sing ‘n voëltjie vanaf die digte en geheimsinnige bome.

Die rustige, koel windjie maak sy verskyning en fluit verveeld in jou ore. My kamermure lyk soos die stille grys-blou lug en die goue sonstrepies wat deurkom, verlig my kamer van hoek tot hoek.

In my kamer, silwerskoon, douvars en die beeldskone natuur wat my omring, voel ek die teenwoordigheid van lewe en die liefde wat God vir my het.

Categories
Uncategorized

Die gevoel van…wat?

‘n Skrystuk van graad 7. (Hierdie is die produk van een of ander onpeilbare emosie wat ek ervaar het.)

Soos ń kind sonder sy ma… ń Kous sonder ń skoen… ń Mes sonder ń vurk… ń Boek sonder bladsye… ń Vertrek sonder ń deur… ń Koek sonder suiker… Jy kan nie sonder dit nie. Jy voel dat iets verkeerd is. Iets is weg. Dit voel leeg. Jy besef jy kan eintlik nie sonder dit nie. Dinge voel uit plek. Niks is reg nie… Jy voel ewe skielik klein en alleen. Jy voel ń diep hartseer in jou opborrel… Dinge lyk grys… Jy voel asof jy net nie kan wegkom van daardie gevoel nie… Die gevoel van eensaamheid en onrus… Jy het nie ń lekker gevoel oor iets nie… Jy voel die kalmte voor ń storm en kan net nie oor hierdie gedagte kom nie…