Categories
Uncategorized

Waar is my huis…?!

iyc-youth

Die antwoord is eenvoudig; dis waar die malste mense, wat jy ken, bly. Hulle wat die lag binne jou laat opborrel… Hulle wat jou teen die mure kan uitdryf en jou laat kook van woede, maar tog vergewe jy hulle evéntueel… Jou huis is waar julle grappe kan vertel wat eerder tussen julle moet bly, want meeste mense sal definitief hul wenkbroue optrek en met hul neus in die lug wegstap…

Jou huis is die plek waar jou trane in lag, lag in hartseer en woede in omgee verander… Dis die plek wat vir jou ń nuwe insig van ander se gevoelens en persoonlikhede gee… Waar jy respek kry ander se opinies en verskille…

Jou huis is die eerste plek waar jy skuiling en liefde sal vind… Dis die plek waar jy áltyd veilig sal voel… Die mal-mense is natuurlik die hoofrede daarvoor. Hulle wat altyd deur dik en dun by jou sal staan maak nie saak wat nie…

Hulle is die belangrikste faktor in jou lewe. Nie jy of hulle het besluit dat julle familie moet wees nie… God het. En Hy het beslis die beste keuse gemaak…