Categories
Uncategorized

‘n Koerantberig

‘n Opstel van graad 8.
(Dit is nie gebasseer op ware gebeurtenisse nie.)

RUIMTEWESENS? IS DIT DALK DIE EINDE?

Daar is allerhande vreemde gebeure gewaar by Tafelberg op 21 Maart 2017.
– meisie16
Kaapstad, Tafelberg

Vreemde, onbekende figuurtjies is opgemerk by Kaapstad se einste Tafelberg!
Baie beweer dat hulle wel al vreemde gebeurtenisse by hul geliefkoosde berg ervaar het.

“Dit het allus begin by die bobbejanne wat vreemd begin optree het. Hulle het allerhanne eienaar’ige trieks beginne doen!” het een van die inwoners gesê.

“Hulle het op hulle hanne begin loop en hul ‘tails’ geprobeer ‘catch’!” het nóg ‘n Kapenaar gesê.

Baie kinders het begin om hul eie afleidings te maak weens allerhande snaakse geluide en ligte in die omgewing.

Party het gesê dat dit Antjie Somers is. En ander het selfs gesê dat dit meneer Willy Wonka se einste ‘Oompa Loompas’ is!

Nadat die inwoners vreemde holtes in die berg, wat nie voorheen daar was nie, begin opmerk het, sowel as die plantegroei wat drasties monsteragtig groot geword het, het hulle onmiddellik die polisie ontbied.

Nadat hulle die berg ingetrotseer het, het hulle slegs gesê dat daar wel verdere ondersoek ingestel sal word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *