Categories
Uncategorized

My gebed…

alone-girl-98love (4)Here, daar is nie woorde om U groot- en almagtigheid te beskryf nie. U is ondenkbaar groot… U kan na hierdie gebed luister en daarop reageer terwyl U steeds na al die ander mense op aarde kan omsien en in die regte rigting lei.

As ek dink aan al die goed wat U al gedoen het en wat U nog kán en gaan doen wil ek sommer begin huil van blydskap en opgewondenheid en vrees vir die toekoms en al sy geheime wat dit inhou, maar ek durf dit aan met die wete dat U dit saam met my  gaan stap.

Here… Ek kan boeke skryf oor U woord al verstaan ek dit partykeer nie… Dankie, Here, dat U my so ń goeie begrip gegee het om U woord beter te verstaan as meeste mense… Here, is dit dalk so omdat ek dit moet versprei en ander moet help om dit te begryp? Is dit U plan vir my? Is dit hoekom ek U stem kon hoor en ander nie?

Wat ookal U plan is met my, weet ek een ding vir seker en dis al wat ek ooit hoef te weet: U is daar maak nie saak wat nie.

AMEN…

Categories
Uncategorized

‘n Gedig

‘n Gedig van graad 8.

SA4

Die lewe is ‘n lied…

Die maan is ‘n vlieënde skip
wat seil al om die wolk se silwer lip
Bome wieg op die ritme van die musiek
want op sy viool speel die kleine kriek.

Die voëltjies sing in ‘n koor
al het hulle hul ritme verloor
Ek verluister my aan al hierdie prag
wat geskep is deur Sy grote mag.

Die lewe is ‘n lied.
Met tonne liefde en harmonie
hou die simfonie
aan om musiek aan ons te bied…