Categories
Uncategorized

Here…

‘n Gebed van graad 7.

sunset-background-1371188975z2hHere, gee my vlerke vir wanneer ek val. Gee my vinne om bo die water te bly. Gee my skoene vir die volgende heuwels.

Here, gee my krag om aan te hou. Gee my ń sambreel vir wanneer dit reën. Gee my hoop vir my silwer randjie.

Here, help my om te glo sodat ek berge kan versit. Gee my ń baksteen en ek bou vir U ń tempel.

Here, gee my ń kwas om die lug in te kleur. Gee vir my ń wolkie, en ek vorm ń hartjie. Gee vir my ń glimlag vir die volgende dag.

Here, gee my vreugde in my hart. Gee vir my stilte en ek bou lugkastele. Gee my elke dag ń skoon papier en ek skryf vir U ń brief.

Here, gee my hoop vir ń nuwe begin. Gee my energie en ek loop die wêreld deur.

Here, gee my ń vars gemoed.

Ek vra, maar ek dank U nie. Is dit dan so maklik om te vra… Maar so moeilik om selfs dankbaar te wees?

Dankie Here dat ons kan beplan vir ń volgende dag… Ons wonder nie of die Son weer sal opkom nie. Ons vertrou en glo in die volgende dag. Here, U het ons nog nooit teleurgestel nie. U is daar in goeie en slegte tye. U het U tyd vir alles en almal.

Ons almal is so bang vir goed wat nie eens bestaan nie. Ons almal vergeet dat U daar is. U is groter as die sonnestelsel se sonnestelsel!! U is groter as ons drome wat vér strek. U is ondenkbaar groot en almagtig.

U ken ons harte beter as wat ek my eie palm ken!

Dankie dat U ons God is…

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *