Categories
Uncategorized

‘n Dag saam met ‘n straatkind

‘n Opstel van graad 8.

Die karre jaag verby. Die mense gluur jou aan terwyl jy dwalend op die sypaadjie sit en smeek vir kos.

Jy hoor die veraf geblaf van rondloper honde en die skreeuende bande van ‘n taxi wat om die hoek verskyn. Mense versnel hul spoed as hulle die leë, hondjie-oë, vuil gesiggie, gebarste hande en voete en skraal lyfie in die straat sien sit.

“Is dit my skuld?” Wil die kind weet. “My skuld dat my ma my nie meer wou hê nie?”

Die oggend het sy gewone verkeer. Die mense jaag werk toe en kom later weer terug. Dis net ‘n gejaag in hul lewens. Dis dieselfde roetine elke dag. Hul gesigte staar strak voor hulle uit om die smekende oë te vermy.

Niemand staan stil vir ‘n oomblik net om ‘n glimlaggie aan die kind te bied nie. As hulle wel sal kyk sal hulle sonder ‘n titsel respek skree: “Gaan huistoe!”

Grys. Die kleur wat die kind elke dag ervaar. Grys lug. Grys lewe. Grys alles. Die enigste sonskyn in dié se dag is die dierbare ou dame wat elke dag hierheen loop net om háár bietjie kos met die kind te deel.

Die kind aanvaar dit met die grootste glimlag in die wêreld wat jou ‘n knop in jou keel gee. As geskenkie kry die dame ‘n blommetjie wat sy dan elke dag in haar hare sit as herrinnering van die lewe se wonderwerkies.

Die kind het min water, min kos, maar baie hoop en liefde om vir almal uit te deel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *