‘n Dialoog in graad 9 vir ‘n bietjie klas-pret.

(Almal sit om skoolbank in klas)
Liz: | Goed! Watse idees het julle Almal? |
Jenny: | Vir wat? |
Lucy: | Juffrou het nou-net verduidelik! Nè, ons moet ‘n dialoog skryf en voor die klas opsê! (Baie opgewonde.) |
Mandy: | Wat van daai keer toe ek ‘n doel van buite die sirkel af ingegooi het? |
Jenny: | Wat van unicorns? |
Liz: | Jenny! Dis die Afrikaanse klas hierdie! Praat Afrikaans! |
Jenny: | Oky! Fine. Wat van een-mielie perde? Uni-een, mielie-corn… |
Mandy: | Dit maak glad nie sin nie! Of wat van daai keer toe ek die span laat wen het? |
Lika: | (Verskyn ewe skielik) Hallo, hallo! Wat het ek gemis? |
Lucy: | Uh… Wie is jy? |
Lika: | Uhmm… Ek is Lika… |
Liz: | Ek het jou dan nog nooit hier gesien nie! |
Lika: | Dis seker omdat ek elke periode daar onder die boom sit, maar meneer Visagie het nou weer te veel af-periodes vandag! (Sug en rol haar oë) |
Lucy: | In elk geval, nè! Wat van ons ‘act’, agh… ek bedoel: voer ‘n Mnr. en Mej. Hoërskool ding op. Dan soos maak ons reg vir dit… |
Mandy: | Nee-nee! Dit moet verkieslik iets oor sport wees. |
Liz: | Agh, mense! Wat van hierdie idee: ons Almal sit in die detensie klas en ons vang net gemors aan? Dit kan vrek snaaks wees… |
Jenny: | Dis ‘n dom idee! Wat van een-mielie perde? |
Lika: | Wys jou! Dit hoef nie net blondines te wees nie. |
Mandy: | Of daardie keer toe ek die H/S Blare-meisie ore aangesit het? |
Lucy: | Dit sal regtig snaaks wees as ons, sê nou maar net, moet gaan stort en iemand steel ons klere… (lag uitbundig) |
Jenny: | Wat het die twee blondines in gemeen? (wag vir ‘n antwoord)… Niks waaraan hulle kan dink nie! (lag haar ‘n papie) |
Liz: | Ek dink regtig ons moet my idee vat! Die detensieklas… Komaan! |
Jenny: | Wat van…? |
Almal: | (gelyk) NEE!! |