‘n Opstel van graad 6 waarop ek nog altyd baie trots is.
Ek sien die rustigheid van die natuur. Die bome dans en hul blare swaai soos die wind verby hul tol. Die wolklose blou lug glimlag terwyl dié op die ritme van die wind se musiek dans. Die hoogste bome vang die meeste musiek. Die Son lag en gee al die groen pakkies ń effense goue kleur.
Wanneer dit reën, lyk dit tog so asof die
arme boompies swaarkry. Die reën laat dit lyk asof daar massiewe trane oor hul wange rol en die wind hul wortels enige oomblik wil uitruk.
Nee, die bome dans so vinnig dit lyk net so. Die blare swaai so wild, hulle beland op die grond. Die wortels, hulle dans nie! Hulle lig hul elmboë só hoog, dit wil omtrent by die grond uitsteek!
En wanneer die Son weer wakker word, ruik die Aarde só vars en skoon. Die bome en blare blink sommer so en lyk te pragtig as die effense goue kleur weer ń verskyning maak. Voëltjies maak hul verskyning en sing maar te lekker.
Deur my venster sien ek die natuur se manier van baljaar.