Categories
Uncategorized

Psalms 121 vers 1

Hierdie is ‘n opstel (graad 11) wat besonder na aan my hart lê, want dit gaan oor die wêreldwye pandemie waarin ons onsself bevind.

“Ek kyk op na die berge…”

Van hier waar ek sit, staar ek na die lug. Was dit so helder en blink ‘n paar weke gelede? Het die natuur só gejuig en die Here geprys ‘n maand terug? Alles buite lyk net soveel skoner en gelukkiger as toe die mensdom tussendeur beweeg het.

“Waarvandaan sal daar vir my hulp kom?…” Ek is bang wanneer ek na die groeiende syfers van sterftes en siekes kyk. Sal hierdie getalle en gevalle wegkrimp? As dit wel doen, gaan dit te laat wees? Gaan iemand waarvoor ek lief is en omgee gediagnoseer word met hierdie kiem? Hy wat so stilletjies nader sluip en my dalk as vervoer gebruik om by die naaste stasie af te klim?

Ek is bang om hierdie terroris na ons veilige hawe te lok en ons Achillieshiel op ‘n silwerbord aan te dra. Dis soos om ‘n olifant in ‘n porseleinwinkel te sit. Ek voel asof daar ‘n dief buite ons huis rondsluip en vir die oomblik wag dat iemand ‘n voet buite sit.

“My hulp kom van die Here…” Dan onthou ek dat daar soveel bewaarengele is en dat die Here elke liewe gebed hoor. Selfs dié wat nie woorde kan vorm nie, maar oorloop in my hart. Dis maklik om te vergeet dat Hy ons op Sy hande dra. Dat Hy ons nooit sal laat val of vir die wolwe sal voer nie. Ons moet lewe deur geloof, nie deur wat ons sien nie.

Ons moet gló dat die Here ons sal help om veilig anderkant uit te kom. Ons moenie dink ons gaan vir altyd in die duisternis wees omdat ons hierdie toenemende syfers elke dag síén nie.

“Wat hemel en aarde gemaak het.” God is groter as hierdie terroris. Hy sál hom weghou en oorwin sodat ons nie verder hoef te veg nie. Sodat ons mekaar weer kan druk en weer oopmond kan lag.

God het deur en weer bewys dat ons nooit alleen is nie. Hy is ons prokureur, ons soldaat, ons geneser, ons herder. Hy gaan ons help om hierdie teen te staan en moed te hou!

Categories
Uncategorized

My Moedertaal

Hierdie is ‘n skryfstuk wat ek in graad 11, vir ‘n kompetisie, geskryf het.

Afrikaans, my taal… Trots in my hart geplant.

Hierdie taal is so vonkelend en kleurvol, dit laat die biesies bewe met sy kreatiwiteit. Waar anders op aarde vind jy dan ‘n taal met die woorde ‘sompompie’ en ‘pokkelpensie’ in sy woordeskat?

Afrikaans lewe in ‘n wêreld van sy eie. Ons raak verlore in ons woorde en dans in hul oorspronklikheid. Ons versier ons taal deur die letters aan mekaar te snoer. Ons sin vir humor is soos ‘n skerp lig in die donker tonnel wat ons swaar tye vlerke gee. Ons taal is die klokke in die verte, die blomme in die veld, die wolke daarbo, die reën en die reënboog…

Die prag van my taal herinner my altyd aan die lug wat van pienk na rooi verkleur. Ek is so ongelooflik lief vir die taal waarin my woorde dans en baljaar en ek met vrye teuels die woorde kan skryf wat my hart vir die wêreld wil sing.

Afrikaans is ‘n skildery, my mond die kwas en my woorde die verf. Saam maak ons ‘n fenomenale kunswerk wat ‘n pragtige storie vertel. Dis ‘n kuns om met woorde te toor. Gebruik te veel beskrywings en die prentjie verdrink. Te min en die prentjie verdwyn.

Om woorde saam te laat smelt en te keer dat die sinne lomp uit mekaar soos ‘n swak konstruksie val, moet daar ‘n liefde vir die taal wees. Woorde soos ‘hysbakkies’ vir die Engelse woord ‘face-lift’ en dan natuurlik ‘vloermoer’ vir ‘n ‘tantrum’ verdiep my liefde vir my taal en verjaag enige demper op my dag. Afrikaans, lieflingtaal van my hart en siel. Waar ek myself op papier kan wees, my gedagtes heeltyd op soek na woorde wat sal inspireer.

Dit word altyd by my moedertaal gevind. Die veilige plek waarin my gebede en denke gevorm word.

Categories
Uncategorized

Things aren’t always what they seem

‘n Opstel van graad 11.

Take Snow White for instance. Doesn’t her castle just seem lovely? Everything is just la-di-da and wonderful. Meanwhile, back at the ranch, there are poisonous apples hiding behind the door.

It is exactly like that on social media. On the surface everything is amazing. Everyone is going through life without any struggles or speedbumps. Their hair and make-up are perfect when they ‘wake up’. Nobody is having a tough day, and nobody is overweight. But, as I have learned, everyone has skeletons in their closets.

Keeping up a fairy-tale-front and posting the most perfect photo is usually hiding the much bigger picture. Social media is like a mask or veil that hides our true selves. We can pick and choose who we want to be and keep our true colours hidden. Most people want to be accepted by society and therefore does not show their hardships and uphill paths.

On the surface everyone has a happy and magical life. It is only rainbows and unicorns. But on the inside, where it is too dark for others to see, it can be the exact opposite.

Nobody is perfect. There are always speedbumps on the road, and thorns on a beautiful flower.

Categories
Uncategorized

Kinders…

‘n Opstel van graad 10.

Kinders is soos ‘n lag wat opborrel en sterre in jou oë sit…

Hulle is die maan en die son. Kinders verhelder jou dag met hul blinkogies en glimlaggies so wyd soos die Here se genade. Hulle is volmaakte geskenke van die Here af.

Hulle word in perfekte bondeltjies vir ons gegee. Dit is ons grootste verantwoordelikheid om hulle soos skatte te behandel. Hulle moet goed opgevoed, gedissiplineer en versorg word sodat Liewe Jesus hulle weer in dieselfde toestand sal kan terugkry.

Kinders is die toekoms. Hulle is eendag se dokters en onderwysers… Hulle kan die wêreld ‘n beter plek maak as ons hulle leer om die mooi in die sleg te sien. Ons moet hulle leer van liefde, geduld en vrede. Nie met leë woorde nie, maar met ons eie aksies en voorbeelde.

Die wêreld word daagliks geseën met pragtige, suiwer geskenkies van ons Hemelse Vader af. Hy vertrou óns met hierdie wonderlike, maar broos juwele. Om hulle oneindig baie lief te hê en hulle met ons lewens te beskerm.

Ongelukkig besef baie in die wêreld nie watse kosbare diamante aan hulle gegee is nie. Hierdie kinders word uitgebuit, mishandel en afgeskeep. Selfone, geld en werksgeleenthede is sommer baie belangriker as wat hierdie uitsonderlike pêrels is.

Hoekom sal ‘n mens verkies om meer aandag aan hul ménsgemaakte selfone te gee as aan hul Gódgemaakte kind? Deesdae beteken uiteet-saam-met-jou-gesin om met jou oë vasgegom aan jou selfoon by ‘n deftiger plek te sit. Is dit nie tog maar ook ‘n vorm van afskeping nie? Verbreek ons dan nie God se vertroue in ons nie?

God se liefde kom in baie vorme voor. Kinders is een van hulle. Hulle is ‘n konstante herrinnering van Sy nimmereindige liefde en genade. Hulle sprankelende oë is die vensters waardeur Sy vrede vloei.

Kinders is só ‘n belangrike geskenk en deel van ons lewens. Hulle is waarlik ‘n lag sonder grense wat net uitborrel met liefde.

Categories
Uncategorized

My land Suid-Afrika…

Hierdie is ‘n baie spesiale opstel (graad 9) wat regtig na aan my hart  lê.

SA5

Suid-Afrika, so koninklik kleurvol en ongelooflik spesiaal. Die enigste reënboognasie in die hele wêreld, reg voor ons oë. Die prag, oorborrelend soos God se liefde, is soos sterre in ons oë. Die berge en oop wye hemel, omring en beskerm jou soos ‘n warm, liefdevolle drukkie.

Die suiwersoet woorde “Nkosi Sikelel’ iAfrika” weerklink deur die pragtige baba-blou hemel uit honderde trotse Suid-Afrikaners se monde. Die wonderlike, sterk emosie dring deur en raak elke senuweë in jou liggaam. Dit word ‘n onvergeetlike hoendervleis-oomblik wat trane van trots in jou oë laat blink.

Giggelend, dans die diamantjies in die oop naghemel al om die hasie op die maan. Salig staar die leeutjies op en neurie saam met die krieke, hul stertjies al dansend deur die ligte briesie.

‘n Nuwe dag kom slaperig aangesluip en kleur die lug met die pragtigste skakerings van pienk en rooi in. Die skaam sonlig kom lê heuningsoet op die punt van jou tong en ons sing: “Gee my ‘n bietjie meer son, ‘n bietjie meer see, tone in die sand elke tree, ‘n kaalvoetkind sal ek altyd bly…”

Suid-Afrika, uit ons hartseer geskiedenis, het ons opgestaan en ‘n eenheid gevorm. Ons is diegene wat kan grappies maak al is tye hóé swaar. Van korrupsie na polonie, laat ons humoristiese kant ons nie in die steek nie.

My land, Suid-Afrika… Pragtig en uniek… Ons is die groeiende goud wat kan “kaalvoet sokkie” in Moeder Aarde se trane. Ons is die reënboognasie van die wêreld.
Ons is Suid-Afrika.

Categories
Uncategorized

It was a magical place…

‘n Opstel van graad 9.

DSC_1057 (2)

It’s the place where Beauty and the Beast first met, where Cinderella lost her shoe, where Prince What’s-His-Name rescued Sleeping Beauty, it’s even the place where Harry Potter rode his broomstick.

As children we believed in “Happily Ever Afters”, a prince arriving on a white horse. Childhood, the one place where we had unlimited imagination… Nowadays the world only exists as a little ball of logic circling around the sun… No one believes in flying carpets and dancing fairies anymore. We wouldn’t watch ‘Mickey Mouse’ without wondering how he could be alarmed by a little mouse running across the room.

Sometimes my mind drifts back to those carefree days. Where you could kiss a frog, tie your scarf to your hair and sing sweet little songs next to the open window.

I would wander through the house, climb up the imaginary stairs, braid my ridiculously “long” hair, put on my crown, sing to the birds, stroll through the “forrest” in our backyard, run away from the dragons, swim in the pool with my beautiful mermaid’s tail…

Where did we lose our creative imagination? When did we lose it? Why? Maybe because we developed logic and couldn’t get past the obvious: No one had the same shoe size as Cinderella- impossible!

Maybe it’s time to leave our sanity behind for a minute and start believing in unicorns, flying elephants and dashing princes again… Besides, where would we be without our imagination? Well, definitely not in Disney World.

Categories
Uncategorized

‘n Dialoog

‘n Dialoog in graad 9 vir ‘n bietjie klas-pret.

Dialoog.jpg

(Almal sit om skoolbank in klas)

Liz:

Goed! Watse idees het julle Almal?

Jenny:

Vir wat?

Lucy:

Juffrou het nou-net verduidelik! Nè, ons moet ‘n dialoog skryf en voor die klas opsê! (Baie opgewonde.)

Mandy:

Wat van daai keer toe ek ‘n doel van buite die sirkel af ingegooi het?

Jenny:

Wat van unicorns?

Liz:

Jenny! Dis die Afrikaanse klas hierdie! Praat Afrikaans!

Jenny:

Oky! Fine. Wat van een-mielie perde? Uni-een, mielie-corn…

Mandy:

Dit maak glad nie sin nie! Of wat van daai keer toe ek die span laat wen het?

Lika:

(Verskyn ewe skielik) Hallo, hallo! Wat het ek gemis?

Lucy:

Uh… Wie is jy?

Lika:

Uhmm… Ek is Lika…

Liz:

Ek het jou dan nog nooit hier gesien nie!

Lika:

Dis seker omdat ek elke periode daar onder die boom sit, maar meneer Visagie het nou weer te veel af-periodes vandag! (Sug en rol haar oë)

Lucy:

In elk geval, nè! Wat van ons ‘act’, agh… ek bedoel: voer ‘n Mnr. en Mej. Hoërskool ding op. Dan soos maak ons reg vir dit…

Mandy:

Nee-nee! Dit moet verkieslik iets oor sport wees.

Liz:

Agh, mense! Wat van hierdie idee: ons Almal sit in die detensie klas en ons vang net gemors aan? Dit kan vrek snaaks wees…

Jenny:

Dis ‘n dom idee! Wat van een-mielie perde?

Lika:

Wys jou! Dit hoef nie net blondines te wees nie.

Mandy:

Of daardie keer toe ek die H/S Blare-meisie ore aangesit het?

Lucy:

Dit sal regtig snaaks wees as ons, sê nou maar net, moet gaan stort en iemand steel ons klere… (lag uitbundig)

Jenny:

Wat het die twee blondines in gemeen? (wag vir ‘n antwoord)… Niks waaraan hulle kan dink nie! (lag haar ‘n papie)

Liz:

Ek dink regtig ons moet my idee vat! Die detensieklas… Komaan!

Jenny:

Wat van…?
Almal: (gelyk) NEE!!
Categories
Uncategorized

My gebed…

alone-girl-98love (4)Here, daar is nie woorde om U groot- en almagtigheid te beskryf nie. U is ondenkbaar groot… U kan na hierdie gebed luister en daarop reageer terwyl U steeds na al die ander mense op aarde kan omsien en in die regte rigting lei.

As ek dink aan al die goed wat U al gedoen het en wat U nog kán en gaan doen wil ek sommer begin huil van blydskap en opgewondenheid en vrees vir die toekoms en al sy geheime wat dit inhou, maar ek durf dit aan met die wete dat U dit saam met my  gaan stap.

Here… Ek kan boeke skryf oor U woord al verstaan ek dit partykeer nie… Dankie, Here, dat U my so ń goeie begrip gegee het om U woord beter te verstaan as meeste mense… Here, is dit dalk so omdat ek dit moet versprei en ander moet help om dit te begryp? Is dit U plan vir my? Is dit hoekom ek U stem kon hoor en ander nie?

Wat ookal U plan is met my, weet ek een ding vir seker en dis al wat ek ooit hoef te weet: U is daar maak nie saak wat nie.

AMEN…

Categories
Uncategorized

‘n Gedig

‘n Gedig van graad 8.

SA4

Die lewe is ‘n lied…

Die maan is ‘n vlieënde skip
wat seil al om die wolk se silwer lip
Bome wieg op die ritme van die musiek
want op sy viool speel die kleine kriek.

Die voëltjies sing in ‘n koor
al het hulle hul ritme verloor
Ek verluister my aan al hierdie prag
wat geskep is deur Sy grote mag.

Die lewe is ‘n lied.
Met tonne liefde en harmonie
hou die simfonie
aan om musiek aan ons te bied…

Categories
Uncategorized

Ampertjies D-dag

‘n Opstel van graad 8:

“Oppas!” My vriendinne gil toe ek die petrol in plaas van die rem trap en reguit in die paal vasry.

“Wat gaan jy vir jou pa sê?” vra Jenny toe ons buite die kar staan en die skade bekyk.
“Um…,” Ek kyk na die hoofligte wat in duisende stukkies op die grond lê. “,’n swartrenoster het in die kar vasgehardloop…? Hulle is mos blind… “
“‘n Swartrenoster in die stad? Ha!” Mandy snuif.
“Wel, ek is oop vir idees!” Ek kyk benoud na my horlosie en dan na die kar.

Ek weet ek is in diep in die moeilikheid. My pa het uitdruklik en dramaties gesweer dat as ek net in die kar se rigting kýk, is ek die res van my lewe gehok. Ek het dit net met ‘n verveelde “ja, Pa!” beantwoord.

“Gelukkig is jou pa ‘n miljoenêr…” Wys Mandy uit.
“Ek het dit!” Jenny snap haar vingers. “Ons steek net hierdie kar agter al sy ander karre weg! Hy gaan mos nooit na die motorhuis toe nie.”
“Jenny, jou doring!” Ek gee haar ‘n hou op haar rug en maak sommer ‘n bollamakiesie op die sypaadjie.

Ure later is al die bewyse verwyder en ons sit moeg en tevrede op die bank, totdat ons ‘n helikopter  reg oor ons koppe hoor brul.

Ons hardloop dak toe, en daar staan dit: ‘n yslike helikopter en my pa wat uitklim.
“Liz! As jy náby hierdie helikopter kom…!” begin hy dreigend.

“Ja, Pa!” sê ek met ondeunde oë.