Categories
Uncategorized

Slegte vriende

My heel eerste blog post wat ek in graad 6 begin en geskryf het.

Vriende besef ongelukkig nie altyd as hulle jou af kraak nie. Party maak jou dalk fisies, emosioneel… seer. Miskien verneder hulle vir jou voor ander mense of op sosiale media. Ek het ongelukkig ook sulke vriende.

Ek het een keer vir haar gesê ek wil iets nuuts uit probeer en sy het agter my rug gesê as ek dit gaan uit probeer gaan ons ” suck “. Ek weet natuurlik sy het dit gesê omdat ek haar gehoor het. En ek besef ek moenie meer haar vriendin wees nie, maar ek is bang ek maak haar seer.

Ek het ń oulike artikel in die Huisgenoot, 30 Julie 2015 ontdek :

Maak jou so los van slegte vriende:

Vriende is harde werk, maar dit behoort jou nie mismoedig te maak nie!   As jy nie daarna uitsien om saam met iemand te kuier nie, is dit ń waarskuwingsteken.

Drie stappe om afstand te kry:

Stap 1: As dit na werk voel om jou vriende te sien,  is dit dalk ń teken dat jy bloot uit gewoonte saam met hulle uithang.

Stap 2: Dink na oor hoe en met wie jy jou tyd wil deurbring. Wie en wat sal jou laat uitsien na jou ontspanningstyd?

Stap 3: Beplan hoe jy meer van dié dinge sal kan doen en hierdie mense kan ontmoet, en maak dan ń plan om dit te laat gebeur. Vul jou tyd aan met dit sodat jy minder beskikbaar is om met jou ou vriende uit te hang.

Die slegte-pel kontrolelys:

Raak gesellig met jou meisie of ou.

Sê jou voor ander mense sleg of verneder jou.

Skinder of praat agter jou rug lelik van jou.

Sluit jou uit en betrek jou opsetlik nie by planne nie.

Het al van jou gesteel, jou geklap of jou op enige ander manier mishandel.

Die voordele:

Dit help jou om jou ware self te leer ken: wie en wat jy is.

Dit sal keer dat jy ń skinderbek of ń boelie word, iets wat dikwels gebeur wanneer jy ongelukkig in vriendskappe is.

Jy sal jouself oopstel vir nuwe vriende en gesonder verhoudings.

0 replies on “Slegte vriende”

Leave a Reply to Paul Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *